top of page

Kyk bietjie rond
Leipzig bied 'n kombinasie van kamers op hulle perseel wat aan elkeen se behoeftes kan voldoen. Die kamers is naby aan die onthaal saal, en ontbyt is by alle kamers ingesluit. Hier onder is 'n paar fotos van die plaas, en op hulle website kan ook van die kamers gesien word. Meeste kamers se beddens kan geskei word in twee enkelbeddens, indien nodig, en enige ander spesiale voorkeure kan gerus genoem word wanneer die bespreking gemaak word.



Onthou asseblief dat die kamers reeds uitgeblok is vir ons trougaste die naweek van die troue, so dit is nie moontlik om die bespreking te maak deur die website nie.
bottom of page